Tuis Bladsy

Baie welkom by Nomades se webtuiste, gebore Desember 2011..

Wie is Nomades? Wat doen Nomades? Waar is Nomades? Waarom bestaan Nomades? Wanneer gebeur wat?

Wie:

Nomades Voetslaanklub bestaan al ten minste vanaf 1977.

Vanaf 8 tot 80 en meer. As jy jonk van gees is, is jy welkom. As jy nie meer kan saamstap nie, is jy steeds welkom om op die basiskamp roetes saam te gaan en sommer net by die kamp te kuier.

Wat:

Nomades is 'n Voetslaanklub, wat gewoonlik een keer per maand, Desember uitgesluit, ten minste 'n Naweek stap gaan doen. In die meete gevalle is dit basiskamp verblyf met dan 2 dagsirkels wat begin en eindig by die basiskamp. Daar is soms 'n 2de hut op die gronde, wat dan vereis dat dit 'n rugsak roete word en dan stap ons tussen die hutte/verblyf met jou volle rugsak. Gewoonlik is daar een keer per jaar 'n langer (as net 'n naweek) stap soos bv. die Visrivier of Fanie Botha stap. Vroeg Desember is die klub se jaar jaarafsluiting wat 'n Groot kuier/eet geleentheid is, waat die jaar se toekennings soos stapper van die jaar en foto wenners ook aangekondig word.

Waar:

Ons lede is hoofsaaklik van die groter Pretoria omgewing, maar ook enkeles daarbuite. Ons maandelikse stapvergaderings hou ons by die Pretoria Marathon Klub. Ons Stappe is so naby soos Hartbeespoortdam (Eagle cove) en so ver as Visrivier en Fanie Botha. Die meeste is egter in die Mpumalanga, Suid-Limpopo (Naboomspruit/Warmbad/Nylstroom) en Oos Vrystaat.

Waarom:

Ons stap want dit is lekker. Ons geniet die oopheid en die vergesigte en die stilte van die natuur daarbuite. Ons geniet die oefening en die uitdagings en die saamkuier om 'n braaivleisvuurtjie in die aande, en ervaar die 'nabyheid' van mekaar in die soms beknopte stapakomodasie en stapelbeddens.

Wanneer:

Normaalweg hou ons elke eerste Dinsdagaand van die maand 'n klub/stap vergadering/byeenkoms om die vorige maand se stap en die volgende paar stapper te bespreek en te reël sommer net saam te kuier. Stappe normaalweg een keer per maand, Desember uitgesluit. Gewoonlik die 3de naweek van die maand. Sien gerus die jongste jaarpogram.

Om al die 'stukkies' nou bymekaar te sit, kontak ons, woon 'n stapvergaderings by, bespreek 'n roete en word Deel vann die Namades famielie om die Volle prentejie te sien.

Die klub se leuse 'Montani Semper Liberi' beteken in latyn "Mountaineers are Always Free".
Spreek uit as : [mon-tey-nahy sem-per lib-uh-rahy].
Dit is ook die amptelike motto van die staat Wes Virginia in die VSA.

 2019/08/13